Monday, February 26, 2007

Selfmoord; Gesinsmoord = Depressie – soek die dokter!


Ek lees elke dag in die koerant van moord en doodslag. Een van die dinge wat egter opval is hoeveel selfmoorde daar is. Bykans elke dag is dit of ‘n kind wat selfmoord pleeg oor die een of ander probleem, of ‘n man of vrou wat in depressie verval het en selfmoord pleeg. Verder is daar ook gereeld ‘n artikel oor ‘n gesinsmoord. Dit is hier waar die groot probleem kom – depressie.

Ons lees baie maklik van mense wat aan depressie ly. Die storie is gewoonlik iets as volg: Sannie het van St 8 af tekens van depressie getoon en was onder behandeling. In matriek, twee weke voor die eindeksamen, toe hang Sannie haarself. Haar ouers is so geskok. Sannie se ma vertel aan die pers dat dit die afgelope tyd so goed gegaan het dat sy nie meer haar medikasie nodig gehad het nie. Hulle kan nie verstaan wat gebeur het nie…

Die ander variasie op die tema is waar Jannie ‘n taai werk in die koorporatiewe omgewing het. Hy sukkel die afgelope paar jaar met depressie en is geneig om gereeld te veel te drink. Hy is kortaf met die famillie en dit het sy vrou hom dokter toe laat vat. Sy het die situasie aan die dokter verduidelik en die dokter het depressie gediagnoseer. Hy het aan hom ‘n anti-depressant voorgeskryf en dit gaan baie beter met Jannie. Ses maande later kom Jannie eendag by die huis en “crack” heeltemal. Hy haal die haelgeweer uit die kas en skiet sy vrou en kinders dood. Daarna vlug hy na ‘n ou afgelee plaas en blaas homself ook. Sy suster vertel later dat alhoewel hy depressie gehad het, het dit soveel beter met hom gegaan dat hy met die medikasie opgehou het. Hy was “genees”.

Daar is natuurlik baie ander stories, maar almal eindig min of meer dieselfde. Almal is net variasies op die tema. Wat het dan nou verkeerd gegaan? Hoekom gebeur dit so gereeld en meer as in die verlede? Kyk na die twee scenarios wat ek geskep het. Daar is drie dinge wat hierdie twee – en baie ander gevalle – in gemeen het. Depressie, medikasie en stop van medikasie.

Depressie is ‘n baie ernstige toestand. Dit is ‘n siekte toestand en nie bloot iets in iemand se kop nie. Dit maak nie van jou ‘n slegte persoon as jy depressie het nie. Elke mense, groot en klein, jonk en oud, lei op ‘n stadium aan depressie. Dit is net baie erger by sekere mense as by ander. Ek weet daar is allerhande verduidelikings, maar dit is nie hier ter sprake nie. Die feit is dat mense aan depressie lui en dit ernstige gevolge kan inhou – soos hier bo verduidelik.

Nou kom ek keer terug na die eintlike probleem. Dit is waar daar ernstig gekyk woet word na hoe dokters in die situasies optree. Hieroor voel ek baie sterk. Veronderstel ek begin die tekens toon van depressie. Ek sal aankarring op ‘n manier totdat my vrou nou mooi gatvol raak om elke dag uitgevreet te word en die kinders moeg word vir my knorrigheid. Ek word dan half verplig om na ‘n dokter toe te gaan, wat ek dan ook doen. Die huisdoktor kyk my so en doen die gewone en besluit dat ek wel depressie het. Hy skryf daar en dan ‘n anti-depressant voor. Ek word huistoe gestuur met die opdrag om een of twee of wat ook al van die piiletjies per dag te drink. Ek skop nie meer die hond nie, byt nie meer die kinders nie en skel nie meer die vrou nie. Almal is gelukkig en almal dink die dokter is wonderlik om die probleem op te los. Die realiteit is dat dit die grootste fout is wat gemaak kan word.

Depressie is nie ‘n siekte soos verkoue wat jy met ‘n pilletjie kan behandel nie. Vir verkoue kan jy ‘n antibiotika ingejaag word en sewe dae later is die verkoue behandel en weg. Depressie werk nie so nie. Depressie is ‘n geestestoestand wat deur die een of ander sneller (trigger, aktiveerder) veroorsaak word. Medikasie onderdruk net die simptome! Deur medikasie vir die problem te gooi, veroorsaak dus slegs ‘n onderdrukking en nie ‘n genesing nie. Wat dus verder is die storie gebeur is dat dit vir ‘n tyd baie goed gaan met my en die famillie. Dit gaan so goed dat, of ek besluit om op te hou met die medikasie; of die dokter herhaal nie die voorskrif nie. Dit vat nie lank nie en ek strip myself heeltemal en iemand betaal dalk tot die hoogste prys. Daardie dokter behoort van moord aangekla te word!

Jy kan nie depressie behandel sonder om die persoon vir berading/behandeling deur ‘n sielkundige ook te laat gaan nie. Dit is die behandeling van depressie en nie die medikasie nie. Die medikasie is slegs om simptome te onderdruk. Die trigger wat die depressie veroorsaak het, moet gevind en behandel word. Dit is waar die sielkundige inkom. Dit kan in ligte gevalle seker deur iemand anders ook gedoen word, maar kom ek hou by die sielkundige. Die dokter moes dus in dieselfde tyd toe die medikasie voorgeskryf is, ook behandeling voorgeskryf het. Dit is die oplossing.

Depressie gaan deur vier of vyf fases. Ek gaan nie uitbrei daaroor nie, maar dit is belangrik om te onthou dat jy deur die prosesse moet gaan om deur die depressie [of hoe word dit genoem: oor die ding] te kom. Die medikasie stuit die proses deur simptome te onderdruk, maar as die trigger nie gevind word en behandel word nie, gaan jy net aan met die proses die oomblik toe jy ophou met die medikasie. Dit is waarom vrouens hulle mans skiet, kinders selfmoord pleeg, gesinsmoorde plaasvind, ens. Die depressie is nooit korrrek behandel nie.

Wat is die oplossing? Ek dink daar is twee dinge. Ten eerste wil ek elke dokter van nalatigheid of moord aankla wanneer daar anti-depressante voorgeskryf word. Jy kan dit nie doen nie. Ten tweede moet daar ‘n wet ingestel word dat slegs ‘n sielkundige anti-depressante mag voorskryf of die goedkeuring gee dat dit gedoen kan word. Hy moet saam verantwoordelikheid aanvaar! Dink en lees dus mooi as jy die volgende keer van so tragedie in die koerant lees en onthou wat ek jou vandag hier vertel het.

No comments: