Wednesday, February 07, 2007

Die Afrikaner vernietig homself


Delarey Delarey sal jy die boerevolk lei Delarey………
So lui die woorde van Bok van Blerk se liedjie wat op die radio en televisie golwe lui. Almal is ewe skielik reg om die leier – wat teen die Britte en sy eie mense baklei het – te vra om vorentoe te kom en die boerevolk te lei. Ek wonder egter hoeveel mense weet enige iets van die oorlede general af. Dit is egter nie waaroor wil skryf nie, maar eerder hierdie simptoon wat in die Afrikaner volk ontstaan het.

Steve Hofmeyr loop voor in optogte om die Afrikaner se voortbetaan te verseker. Hy veg vir die taal en word ooral gehuldig vir sy dapper optrede. Is hy die nuwe generaal? Ek moet erken dat ek ‘n groot Steve aanhanger is. Ek hou van sy sang, sy musiek en sy digkuns, maar oo wee, net nie as groot Afrikaner kampvegter nie. Hoe kan hy veg vir die voortbestaan van ‘n taal en ‘n sogenaamde volk as hy die laaste in sy bloedlyn is wat die taal praat. As hy so ernstig was oor die saak, hoekom is sy huistaal Engels en sy kinders vir alle praktiese doeleindes Engelsprekend? Hoe kan ek hom ernstig opvat? Hoeveel van sy front is net ter wille van die verkope van sy plate? Vra maar net.

Daar was ‘n ou grappie wat gevra het wat gebeur as jy twee Amerikaners bymekaar kry. Die antwoord: hulle stig ‘n sosiale klub. As jy twee Engelse bymekaar kry: hulle stig ‘n erntige vereeniging of tradisionele klub en twee Afrikaners: hulle stig af! Dit is die Afrikaner probleem. Hulle vernietig hulle self. Hulle het geen hulp van enige iemand anders nodig nie.

Die Afrikaner is nog ‘n jong volk in wêreldterme. Afrikaans as taal is nog nie eers 100 jaar oud nie. Nee, die Voortrekkers was nie Afrikaners nie. Hulle was Hollanders. Manne wat almal uit Nederland gekom het. Hulle het ook Hollands gepraat en nie Afrikaans nie. Ja, Afrikaans het hoofsaaklik uit die taal ontwikkel, maar dit maak hulle nie Afrikaners nie. My voorsate is van Duitse afkoms wat in die Kaap verNederlands het. Alhoewel my oer-oupa-grootjie Hollands gepraat het, is sy voorsate dus steeds Duits. Ek is geen afstammeling of het geen verbintenis met die manne in die groot trek nie. Hoe moet ek my dus met hulle vereenselwig?

Verder het die Afrikaner die vermoë om ook homself heeltyd belaglik te maak. Ons wil graag hê dat die wêreld en die res van die meerderheidsgroepe in Suid Afrika ons ernstig moet opneem en dan bring ons plate uit soos Stamp en Kielie my Mielie en Kaalgat treffers wat absolute snert is. Die beste van alles ons wys verder ons mentaliteit deur die gemors te koop en gemors soos die Leeuloop om elke hoek en draai te sing. Dit laat my dink aan ‘n kleuerskool mentatliteit wat vra om met grootmense te gesels. Verder wapper ons die vlae van die Ou Transvaalse republiek [Vierkleur] en die ou Suid Afrika by internasionale byeenkomste. Hoe ernstig dink jy moet ons mede Suid Afrikaners ons opvat as daar met die simbole gewys word dat ons nie eintlik deel van die land wil wees nie. Hoekom moet enige iemand anders in die land ons ernstig opneem?

Ek voel ook soos Koos Kombuis wat sy bedanking as Afrikaner ingedien het. Ek wil dit ook doen. Ek wil eerder as ‘n Afrikaanssprekende Suid Afrikaner bekend staan as ‘n Afrikaner of ‘n lid van oorlede Robert van Tonder en Eugene Terreblanche se Boerevolk. Ek wil nie met die bovermelde vereenselwig word nie.

Dit is so jammer dat Afrikaanse musiek so ver van die herlewing af geskuif het. In die laat sewentigs en tagtigs het Johannes Kerkorrel [Ralph Rabie], Koos Kombuis [André le Roux du Toit], Bernoldus Niemand [James Phillips], Gys de Villiers, Marcel van Heerden, ens, ens Afrikaans ‘n relevante taal gemaak. Hulle het tussen hulle drankbottels en daggawalms relevante musiejk gemaak. Musiek wat die establishment begin aanvat het en Afrikaans vir die eesrte keer ‘n taal gemaak wat deur musiek ‘n boodskap gedra het. Hulle het iets voortgebring wat tot die regering laat steier het. Hoe harder die manne in hulle swart en grys pakke probeer het om die herlewing te stop, hoe groter het die ondersteuning en die boodskap geword. Vergelyk Persreën van Kerkorrol met Ek en my Meisie en jy sal self die verskil agterkom. Dankie tog dat daar wel nog van die manne leef wat Afrikaanse taal as medium gebruik om nie meer politieke boodkappe uit te dra nie, maar balades en liefdesliedere. Dankie tog dat uitlanders soos Stef Bos en Hermann van der Veen dit ook probeer doen om ons taal relevant te hou. Met hulle wat nog leef het ek hoop.

Ek sluit af deur net weer te noem dat as ons dink ons gaan ooit ‘n ernstige rol in die land speel terwyl ons gemors soos die Leeuloop navolg, maak die Afrikaner een helse groot fout. Kom ek en jy stig af.

No comments: