Sunday, January 25, 2009

Tegnologie en die wêreld is op sy kop

Tegnologie - waar sou ons daarsonder gewees het? In my kort lewetjie het ek dit so baie ervaar dat ek al terugverlang na die dae toe dit nog baie beperkend was.

As jy in my tienderjarige tyd sou vetrel het dat ek vandag iets op 'n rekenaar sou tik wat almal in die hele wêreld sou kon lees, sou ek regtig gedink het jy is mal. Waar is die dae dat die enigste manier wat daar was om 'n boodskap aan iemand anders oor te dra die liewe posdiens was. My niggie het in Tokio gebly en ons het aan mekaar geskryf toe ek so twaalf tot agtien was. Dit was letterlik die skryf en pos van 'n brief wat dan sy tyd geneem het om daar uit te kom en dan te wag vir haar antwoord. Jy was so teleurgestels as sy net tyd gehad het vir so twee bladsy briefie. AL die moeite om te skryf en dan die afwagting dat sy iets van haar gaan laat hoor - en dan dit. Dink net hoe lekker sou dit wees as mens epos of iets soos Skype gehad het om aanmekaar met mekaar te praat. Gee nie om waar in die wêreld jy is nie. Absoluut ongelooflik!

Ek het grootgeword met 'n slinger telefoon. Jy het die slinger gedraai totdat die Sentale vra "nommer asseblief?" Die oom op die sentrale het jou so goed geken dat as jy 'n sekere tyd van die dag dieselfde plek gebel het, het hy jou sommer outomaties daarnatoe deurgesit. Dit was lekker. Daardie persoonlike aandag. As iemand van ver af bel en jou nommer vra, dan vertel hy die persoon dat hy jou eerder na Piet toe deursit want hy weet jy kuier daar. Aan die een kant het jy dus besef dat geen oproep privaat is nie, maar aan die ander kant het dit baie gehelp dat die oom alles geweet het. Niemand kon wegraak nie!

Die kinders en jong mense loop met goed rond wat IPOD genoem word. Hierop het hulle duisende liedjies! Ek het met plate grootgeword. Daardie swart goed wat skeef getrek het as dit warm is en dan ook so bros geword het dat as jy so plaat net hard stamp breek hy. Verder het die gebruik hulle so gekrap dat daar so permanenete gesuis is en of hulle hak hak hak hak vas. Die koms van die kasette was die wonderlikste ding op die aarde!. Jy het hierdie klein dingetjie gehad wat net soveel musiek as 'n langspeelplaat kon hanteer. Dan was daar nog die koms van die "walkman". Dit was so klien kasetspelertjie wat jy aan jou broek kon vasknyp en het met oorfone gewerk. Die klank was ongelooflik.
'n Laser was iets wat in die James Bond flieks gebruik is om metal maklik middeldeur te sny. Dit het gewoonlik uit so groot masjien gekom en het dan die wit ligsttraal gekonsentreer op iets en maklik deur dit gebrand het. Ons het almal geglo dit was die gevaarlikste ding op die aarde. Dink net die verbasing toe ons 'n klompie jare later laser skywe of CD's kry! Laser tegnologie was met ons en nie so gevaarlik dat dit jou uitmekaar kon sny nie. Laser for in operasies gedoen en ek het self laserbehandeling op my oë gehad. Dink net aan daardie verskriklike lig wat james Bond uitmekaaar wou sny en dit in my oë en ek kan beter sien! Vandag is daar al laser skrywers en dit is algemeen in gebruik. Die mense ken nie meer kasette of plate nie en ek is nie so oud nie!

Dinge het net so vinning verander.

Wat van die selfoon? Ek onthou hoe ek in die begin van die tagtigs gelees het van die foon wat sal weet waar jy is. Min het ek geweet dat dit altyd by jou gedra gaan word en 'n groot pes wees. Die eerste selfone - soos ek in 1984 gekoop het kon eintlik net bel. Daar was 'n baie beperkte dagboek en 'n alarm. Vandag is my selfoon 'n besigheidnoodsaakliheid met epos, en al die MS Office funksies wat daarop gedoen kan word. Dit is sover weg van 'n foon af en die foonfunksie het al 'n bysaak begin raak.

Ek dink ek kan baie voorbeelde gee van dinge wat die afgeole 20 jaar uitgevind of dramaties verbeter het. Ons begin al hoe meer en meer van dit afhanklik raak, Ek weet nie wat ek sal doen as al my tegnologie moet ingee nie. Dit maak my bang, maar dit is seker 'n bepreking vir 'n totaal ander dag se skrywe.

Dink o jou rond en dink aan al die dinge wat al dramaties verander het in jou lewe en dink wat jou oupa daarvan sou sê. Ek is bly hy is nie meer hier rond nie, want dit raak al te erg vir my en ek werk met tegnologie.

1 comment:

Vlooi said...

Tegnologie is n baie goeie ding in baie opsigte soos pa gese het van operasies ens.,maar ek sal herken ek mis soms daai persoonlike ding van iemand wat na n telefoon hokkie toe moes stap om te bel en planne uit te vind vir die naweek of toe mense nog afsprake gemaak het met mekaar en daarby gehou het , want nou is dit so maklik om net gou te sms en se "gaan dit nie maak nie" of " hardloop laat " .Tog help dit mense uit die moeilikheid ook as jou kar gaan staan op n donker pad of wat ook al. Persoonlik weet ek ook dat ek nog nie n bo-baas is met tegnologie nie ek self het nog baie om te leer en dit het def.n goeie ding in die land maar ons is besig om baie afhanklik te raak daarvan dat as dit moet weg gevat word sal ons nie weet wat om te doen of waar om te begin nie...kyk maar as daar krag onderbrekings is...mense sit en staar hulle kan nie aan gaan sonder hulle rekenaar nie...
*A*