Friday, January 19, 2007

Die euwel van konsultante



In hierdie tyd wat ons leef het dit hoogmode geword om die verdomde goed in elke maatskappy in te bring. Hulle moet die mense kom vertel hoe om hulle besigheid te bedryf sonder ‘n idée waaroor die besigheid eintlik gaan. Hulle kom dan in met allerhande prosesse en vra die base ‘n moerse klomp geld daarvoor. Dink net aan die menslike hulpbron konsultante wat jou kom vertel hoe om jou mense te evalueer en te bestuur. Hulle is baie life daarvoor. Die vangplek is natuurlik dat daardie konsultant nog nooit een mens bestuur het nie en jy doen dit al twintig jaar. Wie kan nou vir wie hier oor mense betuur leer? Wat hulle gewoonlik doen is om prosesse in plek te stel deur gewoonlik net die bestaande prosesse in ‘n nuwe formaat oor te skryf. Of nog beter, hulle laat die mense wat daar werk dit self doen en hulle verdien op die ou einde miljoene deur net toesig te hou dat dit gebeur. Ongelukkig trap elke maatskappy in die slaggat en leer ook ie uit die proses nie. In my beroep het ek al baie met die spul te doen gehad in vele velde en ek kan seker op een hand tel die regtige positiewe dinge wat uitgekom het. Hoeveel van julle het al daardie ondervinding gehad dat julle ure spandeer om dokumente op te stel en nuwe prosesse te formuleer om net binne ses maande na die oues terug te keer, want dit werk nie? Die ding wat ek nog minder verstaan is waar die base die geld uitkrap om dit te doen en hoe hulle daardie uiteindelike voordeel of besparings van miljoene wys. Konsultante weet duidelik hoe om die boeke te laat klop.

Ek twyfel nie dat die konsultante baie goeie teoretiese kennis het nie. Dit laat my net dink aan die ou ding van die verkoopsman wat by die huis aankom en met die man en vrou gesels en hulle dan oortuig om die blink nuwe wonderlike stofsuier te koop. Hy doen die demonstrasie daar op die mat en suig alles van die hondehare tot verlede jaar se kotskol op. Die man en vrou is in ekstase en koop die wonderlike alles-in-een masjien. Daar is net een geheim. Nie een van die twee donders het nog ooit die huis gestofsuig nie! Hulle het geen idée van wat die behoefte is en wat verlang word om die huis ordentlik skoon te maak nie. Daar is net een persoon wat dit weet en dit is die bediende. Sy sukkel dag na dag met die stofsuier en weet presies wat sy nodig het om dit te doen. Om die kol op die mat in die middle van die vloer op te suig is nie ‘n kuns nie. Dit gaan oor hoe die masjien homself tussen die meubels en agter die kaste gaan gedra. Het die man of vrou ooit daaraan gedink om die bediende te vra of dit kan werk?

Dit is dieselfde konsep wat hier geld. Hoekom spandeer die baas nie eerder die miljoene aan sy eie personeel as ‘n wortel vir die mense wat met goeie innoverende idees vorendag kan kom nie. Hulle ken tog die prosesse en slaggate en met die regte motivering sal hulle darem seker ‘n idée of twee vorendag kan bring. Nee, dit werk nie so nie. Die konsultante word miljoene betaal en die werkers word ook aangemoedig om innoverend te wees en word dan vergoed vir goeie idees met …….R500? .....’n ete bewys by die Wimpy? Ek is seker julle weet waarvan ek praat.

Die vraag is natuurlik “hoekom werk die slim mense dan nie?”. Ek het ‘n konsep van hoe dit werk en gaan dit as volg verduidelik. Enige proses het twee helftes. Gestel daar is ‘n sirkel om die proses volmaak te maak.

Om dit te probeer verduidelik wil ek die voorbeeld van ‘n moordsaak gebruik. Piet skiet ‘n man. Hy kom voor die regter en na die verhoor gaan sit die regter om ‘n vonnis te formulleer. Hy kyk na al die getuienis wat voorgelê is en toets die geldigheid daarvan. Dit is duidelik. Piet het die rolwer uit sy kas gehaal en die ander persoon geskiet. Daar is absoluut geen twyfel daaraan nie. Die regter gaan kyk dan wat sê die wet. Na dit alles is dit duidelik dat Piet die man geskiet het en dat die straf die maksimum is. Dit is nou in die geval die doodstraf [ons maak maar asof dit betaan]. Die vraag is nou, gaan Piet hang? Dit voltooi die eerste helfte van die sirkel.

Om die sirkel te voltooi moet die regter nou na die volgende begin luister. Daar was seker omstandighede wat Piet gedryf het om die persoon te skiet. Die man was besig om Piet se kar te steel en toe hy hom konfronteer ruk die man ‘n pistool uit en trek die sneller. Die pistool het die eerste keer, gelukkig vir Piet, geweier. Piet se rewolwer het nie. Piet het geskiet om sy eie lewe te beskerm. Hy kon dit nie waag om die man nog ‘n kans te gee om die sneller te trek nie. Die regter luister dan na al die feite en gaan dan na ou soortgelyke hofsake om te kyk hoe dit prakties hanteer word. Na dit alles spreek hy sy vonnis uit en sê omonwonde dat dit selfverdediging was en spreek Piet vry om te gaan. Die sirkel is nou voltooi. Piet is terug waar hy begin het as ‘n vry man. Piet het niks gewen nie, aar die regter, aanklaer en prokureur het ‘n helse klomp geld gekry om Piet terug in sy vry status te sit.

Net so werk ‘n konsultant. Hy kom en bring al sy teorieë oor hoe die werk gedoen moet word en voltooi die eerste helfte van die sirkel. Daar los hy jou dan want hy het sy deel gedoen. Hy het Piet gehang. Ongelukkig is daar ‘n praktiese sy aan die teorie wat hy op die tafel geplaas het en die maatskappy se werkers het dan die werk om die teorie te probeer implementer. Hulle gaan dan met alle moeite en kyk na die nuwe verbeterde proses en doen dan aanpassings om by die praktiese wêreld aan te pas. Op die ou einde van die dag is hulle heelwaarskynlik terug by die praktiese werklikheid waar die sirkel begin het. Wat is die eindresultaat – die konsultant het baie geld verdien om jou die volle sirkel te vat tot by die begin!

Ek sê nie vir een oomblik dat alle konsultante so eindresultaat het nie. Daar is seker van die siele wat dit regkry om iets goeds te doen. Ek hou egter steeds van die ou definisie van ‘n konsultant. Dit lees:
“’n Konsultant is iemand wat jou om jou horlosie vra, jou sê wat die tyd is en jou dan geld vra omdat hy dit gedoen het”

2 comments:

Anonymous said...

Konsultante is nou nie altyd so sleg nie. Ek stem saam dat die onkostes gewoonlik baie hoog is maar 90% van die tyd sien hulle ook nie die baie geld nie en eindig ook op met `n R 500 Wimpy Koepon vir ure se werk. Dit is meer van `n "vicious circle" as `n ronde een. :)

Ek sien konsultante baie as "outsourcers" / "co-sourcers" die truuk is om nie n' "Core" competency vir hulle te gee nie. Sodra jy dit doen gee jy weg die beheer en meeste van die tyd die uitkoms van die eindproduk en dit sal nooit lewer wat jy verwag nie.

Kom ons wees ernstig. Meeste konsultante weet baie goed wat binne die "glossies" staan van die maatspakky. Baie min het rerig `n "delivery" been in hulle lywe en baie min van hulle dink uit die boks uit. Hulle moet meeste van die tyd hanteer word soos die nuwe skoot brakkie. Hy is baie oulik en pragtig, en voor jy jou oe uitvee K@#%$ die brak op jou duur mat en die nagevolge spreek van self.

Anonymous said...

Hallo Konsultant,
Dankie vir jou kommentaar. Ek dink ons sê baie dieselfde ding. Ek stem saam dat alle konsultante nie sleg is nie, maar my ondervinding is dat meeste mens net rooi onder die kraag maak.
Groete
Hansie