Friday, January 12, 2007

Dood op ons paaie

Na afloop van die Desember vakansie is daar nou weer so baie mense wat probeer om antwoorde te soek vir die dodetal op ons paaie. Die eerste aspek wat onmiddelik aangespreek word is SPOED. Ja, dit klink vir my al soos 'n afgesaagde wysie om oor spoed te kla.
Dit is nou nie dat ek iemand is wat teen hoë spoed rondjaag nie en ek wil dit ook nou nie goedpraat om teen 200km/h op die snelweg te jaag nie, maar dink ook die mense moet dit in perspektief sien.
Die een aspek wat ek graag oor wil praat - of kerm - is dat daar soveel ophef oor spoed en al die mesne wat vinnig jaag en gevang word, dat ek dink die liewe ou Metropolisie het dalk begin vergeet hoe om die wet toe te pas. Elke jaar is 'n baie groot persentasie van die mense wat op die paaie oor die vakansieperiodes sterf, voetgangers.
Ek luister na radioprogramme wat oor die aspek praat en dara kom die een of ander baie slim ou op en vertel ewe netjies dat dit weens die hoë spoed is dat daar soveel voetgangers op die paaie sterf. Ek luiter vir die idioot wat die een of ander verkeerskenner is wat vertel dat jy moet bietjie saam met die paramedisie uitgaan om te sien hoe sleg mense lyk wat teen hoë spoed omgery is. Hallo!? Is ek totaal toe of wat? Of 'n motor jou teen 120km/h of 180km/h tref - dink ek die uitslag is min of meer dieselfde.
Die verdere klagte is dan dat mense sukkel om die spoed van voetuie te skat wat baie vinnig ry as hulle die snelweë kruis. Miskien is ek die idioot, want sover ek weet is daar 'n wet mense verbied om eers langs 'n snelweg te loop, wat nog te kruis! Hoekom word daar nie teen die voetgangers opgetree om te keer dat hulle in die omgewing van die snelweg is nie? Die bestuurders van motors word eerder gevra om stdiger te ry omdat hulle 'n gevaar vir die voetgangers inhou! Die motorbestuurders is 'n gevaar vir die voetgangers op die snelweg! Beslis 'n geval van die stert wat die hond swaai.
Solank ons hierdie blatante ignorering van hulle pligte deur die Verkeerspolisie en Metropolisie het, sal die probleem nooit opgelos nie. Net om te wys hoe erg dit is - op die snelweg by die OR Tambo lughawe verby, naby die petrolstasies langs die pad, is daar elke dag 'n horde mense wat oor die pad hardloop. Ek sien hulle elke dag en die Metropolisiemanne wat in die Wimpy op hulle gate sit en koffie drink sit en kyk vir hulle ....... sover ek weet is dit nie wettig nie. Een maal 'n maand word iemand doodgery. Nou verstaan ek hulle wil daar 'n teken opsit om die mense teen voetgangers te waarsku - soos hulle op die Krugersdorpsnelweg naby Diepsloot gedoen het.
Ek sê graag weer, ek praat nie hierdie manne wat soos renjaers se gedrag goed nie, maar ek wil graag hê dat die kenners vir my moet wys hoeveel van die ouens en vrouens wat op daardie spoed afgetrek is, vir ongelukke, direk of indirek verantwoordelik was. Moenie die moeite doen nie, baie min. Wys my dan ook sdie statistiek van hoeveel mense wat oor snelweë hardloop is al die afgelope paar jaar gevang daarvoor. Jy hoef weereens nie, dit is ook geen nie.
Ek bly maar verder stil

No comments: