Tuesday, June 05, 2007

Sal jy my broek vashou?


In 1982 het ‘n paar dogters op Jefferysbaai die volgende woorde geskryf op die maat van die ou Jimmy Osmond treffer ‘Long Haired Lover of Liverpool”. Ek kan nie onthou wie hulle almal was nie, maar onthou dat die voorbok in die skrywe Antoinette Keet was. Die woorde is as volg:

Jy’s my bakoormaatjie van die kleuterskool
En ek wil alles met jou deel
Selfs jou rekker en jou cracker
En jou blou-oog pop
Selfs jou suigstok is nie te veel.

So, kom parkeer dan jou fifty langs my stootwaentjie
Bring jou pop en fopspeen saam
Jy’s my bakoormaatjie van die kleuterskool
En ek wil alles met jou deeeeeeeel!

Dit is so oulike ou liedjie wat eintlik opsom wat ek vandag oor gaan skryf. Die title oor die “broekvashou” gedeelte klink baie erger as wat dit is en ek sal dit kortliks verduidelik met ‘n klein vehaaltjie. Die tema van hiedie skrywe is vriendskap, of liewer die spesiale vriendskap wat mans en vrouens bestaan.

Nou die verhaaltjie. Ek gaan terug na die sestiger jare toe daar ‘n seuntjie [so ongeveer vyf jaar] en sy famillie in ‘n woonstelblok in Pretoria gewoon het. Dit was die dae toe woonstelle erg aan die ontwikkel was en die famillie het in die woonstel gebly terwyl gedeeltes in aanbou was. Hulle was nie ‘n ryk famillie nie en speelgoed vir die seuntjie was maar skaars. Hy het sy tyd spandeer deur tussen die boumateriaal en bourommel te speel. Dit was ‘n kind se droom. Hy het egter geen maatjie gehad nie.

Oorkant die straat het daar mense gewoon. Hulle het ‘n dogtertjie gehad wat min of meer dieselfde ouderdom was. Dit was nie ‘n 100 jaar nie, of die twee het bymekaar uitgekom en saam tussen die boumateriaal en bourommel begin speel. Dit was baie lekker – behalwe vir een problem. Die dogtertjie se ma. Sy het elke dag ‘n groot gedoente daarvan gemaak dat die dogtertjie “skoon” moet speel [belaglik vir ‘n vyfjarige] en het elke middag vir die dogtertjie gevra on haar broek te sien. Sy moes dan buk, haar rokkie optel, en as dit vuil was, ‘n pak slae gekry. Haar ma het geglo dat ‘n dogtertjie se broek altyd moes skoon wees!Dit het uitdagings met die speel tussen die twee gelei. Die dogtertjie kon nie regtig tussen die rommel speel nie, want hoe kry jy dit reg en hou jou broekie skoon? Dit was hier dat die twee maatjies met ‘n baie goeie plan vorendag gekom het. Elke oggend wanneer hulle twee bymekaar kom, het sy bloot haar broekie uitgetrek en die seuntjie dit veilig in sy sak gesit. Daar het dit mooi skoon gebly en sy kon klim en klouter en speel soos sy wil. Aan die einde van die dag het sy bloot haar broekie weer aangetrek en is huistoe. Wanneer haar ma “inspeksie” gehou het, was sy baie bly, want haar dogtertjie se broekie het mooi skoon gebly! Almal gelukkig!

As ek aan die vriendskap dink, het ek begin wonder hoe om ‘n baie goeie vriendskap tussen mans en vrouens – wat nie ‘n paar is nie – te beskryf. Ek het toe gedink aan die term dat dit iemand is wat jou broek sal vashou. Dit kan jy vertolk op enige manier, maar dit is bloot iemand wat vir die ander een enige iets sal doen sonder enige by bedoelings.

Dit is ‘n vriendskap wat tussen mans en vrouens kan bestaan. Dit kan nie tussen mans en mans of vrouens en vrouens gebeur nie – net tussen mans en vrouens. Daar is ‘n band wat tussen hulle ontstaan wat nie liefde is nie. Dit het niks met liefde te make nie. Hulle is egter vertrouelinge en vertel mekaar enige ding. Die vrou kan vir die man vertel van haar intiemste probleme en die man kan dieselfde met die vrou doen. Die twee kan saam slaap in dieselfde bed en mekaar vertroos wanneer daar hartseer is. Alles sonder enige bybedoelings of seksuele kontak. Daardie tipe verhoudings bestaan. Sodra die vriendskap in meer as net vriendskap ontaard, is dit gewoonlik verby..
Daar is nie ‘n ander vorm van vriendskap wat hierdie een kan aanvat nie. Die band tussen die man en vrou is gewoonlik baie sterk en dit is gewoonlik ook waar probleme in die toekoms voorkom. Hierdie verhouding het niks met verliefdheid te doen nie en is total platonies. Dit is egter altyd die eerste plek waar die man of vrou altyd na toe hardloop vir hulp, raad, of sommer net bystand. Soek net ‘n drukkie. Die twee mense probeer hierdie spesiale verhouding geheim hou. Nie omdat hulle skuldig daaroor voel nie, maar eerder omdat ander mense dit nie verstaan nie. Dit kan gebeur dat albei die partye baie gelukkig getroud is, maar dat daar steeds hierdie spesiale band met die ander persoon is. Iets groots gebeur en die persoon deel dit met die spesiale vriend in plaas van die persoon se lewensmaat. Indien daardie lewensmaat dit uitvind………baie moeilikheid. Wat die mense nie verstaan nie is dat die tipe van verhoudings bestaan. Hierdie vriendskappe is rondom ons tussen getroude en ongetroude mense, maar dit word oor die jaloesie van samelewing geheim gehou.

Ek is seker dat baie van julle mense ken wat in sulke verhoudings is. Die meeste gevalle waar jy dit sien is tussen gay mans en vrouens, maar daar is ook wel gevalle waar dit heteroseksuele mans is. Die getroude vrouens kom egter maklik weg met die gay man, want as die vriendskap op die lappe kom, voel die man nie so bedreig nie.

Die intressante is dat dit ‘n baie spesiale man vat om deel van so vriendskap te wees. Vrouens gly makliker in die rol in, maar vir mans is dit moeilik. Dit is omdat mans seker oor die algemene baie meer visueel is as vrouens – hulle hou daarvan om te kyk en nie te lees nie. Mans verkies persoonlike kontak en nie die diep dinge nie. Vrouens, daarenteen, is ‘n spesie wat eerder na die siel kyk as die uiterlike. Dit is hoekom soveel lelike mans mooi vrouens het!
Dit is vir ons as samelewing om te aanvaar dat daar hegte bande tussen mense bestaan en dat huwelike al uitmekaar geval het as die verhoudings op die lappe kom. Die grap is dat die twee “sielsgenote” egter nooit self daarna afhaak nie. Dit vat wilskrag vir die mense om nie in ‘n dieper verhouding betrokke te raak of seksueel betrokke te raak nie, want hulle ken mekaar naderhand so goed dat dit amper ‘n logiese stap is. Dit gebeur egter nie, want altwee respekteer die ander se verhoudings en liefde in hulle lewens. Hulle hou net mekaar se broeke van as dit nodig is.
Ek ken mense wat in sulke vriendskappe is. Ken julle enige?

No comments: